Ohio-klas duikboot

USS Louisiana, die laaste van die Ohio-klas duikbote wat gebou is, te Vlootbasis Kitsap, Washington

Die Ohio-klas duikboot is 'n kernaangedrewe klas duikbote van die Amerikaanse Vloot wat ballistiese missiele dra. Dit is tans die enigste sodanige klas in die Amerikaanse Vloot nadat hulle die Benjamin Franklin- en Lafayette-klasse vervang het. Hierdie klas is ook bekend as Trident-duikbote omrede hulle almal Tridentmissiele dra. Hierdie klas was ontwikkel as 'n afskrikmiddel teen die Sowjetunie tydens die Koue Oorlog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search